Weg!

G’N PYNE IN DIE FILIPPYNE!

Ek en my vrou, Linda, ruil dikwels huise met buitelanders. Dis pret en ’n goedkoop manier om te reis – ons het al in Londen, Parys en die Italiaanse meregebied gebly.

Ons was egter bra skepties toe ons ’n uitnodiging uit die Filippyne kry om te bly in ’n huis in Manila, die hoofstad. Ons weet niks van dié land af nie en boonop is dit vrekver van die huis af. Maar ná deeglike huiswerk besluit ons: hoekom nie?

Die Filippyne is soos wat Bali en Thailand 20 tot 30 jaar gelede gelyk het: Dis meestal ongerep en het nog nie onder hordes toeriste deurgeloop nie. Die plan was om ’n paar dae in Manila te bly en dan van die eilande te verken. Maar watter een – daar is meer as 7 000 eilande in die Filippynse eilandgroep! Kleintjies, grotes, mét geriewe, sonder geriewe of amper geen ontwikkeling nie! Ons kies Bacuit Bay op Palawan, ’n lang, smal eiland suidwes van Manila en die piepklein Small Bamboo-eiland langs die ooskus van die Culion-eiland. Strande, snorkel, skubaduik... Filippyne hier kom ons!

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit

Related Books & Audiobooks