Landbouweekblad

Die vergete Boereheld van die Stormberge

In November 1899 was Willem Fouché (25) een van 450 Vrystaatse perderuiters wat die Oranjerivier oorgesteek en die dorp Aliwal-Noord in die Noordoos-Kaap beset het. Hulle het aanvanklik geen teenstand ondervind nie. Hul leier, kmdt. Jan Olivier, het op 10 Desember 1899 die Britse magte ’n verpletterende nederlaag naby Molteno toegedien tydens die Slag van Stormberg.

Hy het die bergagtige noordoostelike deel van die Kaapkolonie as die nuwe Republiek van Stormberg verklaar. Dié republiek, wat nie net uit die Stormberg bestaan het nie, maar ook die Witteberg en Drakensberg ingesluit het – sou aan die Republiek van die Oranje-Vrystaat se wette onderworpe wees.

Baie koloniale Boere het by die Boerekommando’s aangesluit. Dit het tot ’n burgeroorlog in die gebied gelei. In Maart 1900 het ’n suksesvolle Britse teenoffensief egter baie Kaapse rebelle gedwing om oor te gee, terwyl ander saam met die Republikeine terug oor die Oranjerivier gevlug het – enkele dae voor die val van Bloemfontein op 13 Maart 1900.

Met geen ander keuse as om die Engelse op Vrystaatse bodem aan te durf nie, het Fouché – ’n voormalige verkenner vir genl. Christiaan de Wet – na vore begin tree as ’n vreeslose guerrillaleier.

“Hy het vir niks gestuit nie,” skryf die Kaapse rebel Pieter Roux oor Fouché se aanvalle op Britse magte in die middel van die jaar 1900.

“Só het ons baie dagen die Tommies sommer op die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad6 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com In die vorige bedeling kon Eskom met ervare bestuur met gemak elke dag 40 000 MW krag opwek en lewer. Intussen het Suid-Afrika se ekonomie gegroei en het die land se bevolking in 30 jaar meer as verd
Landbouweekblad5 min read
Só Kan Boere Tot Die Wetenskap Bydra
Dit is asof die wêreld nou eers besef hoe belangrik boere se waarnemings van die natuur vir die hele aarde se biodiversiteitbalans is, en wetenskaplikes druk skaamteloos op die landbousektor se knoppie vir hulp. Die nasionale verslag oor die status e
Landbouweekblad3 min read
Wetsontwerp Oor Klimaat Amper Op Wetboek
DIE wetsontwerp sal binnekort wet word wanneer pres. Cyril Ramaphosa dit onderteken. “Klimaatsverandering is hier om te bly en ons het betreklik min tyd om daarop te reageer. Die wetsontwerp bemagtig ons om op die gepaste skaal en teen die regte spoe

Related