Rapport

Trump is dalk wat die VSA nodig het

Donald Trump word vandag deur politieke kommentators as die ongewildste Amerikaanse president van die afgelope vyf dekades beskou.

So ongewild en verdelend dat hy onlangs slegs die derde Amerikaanse president geword het wat deur die huis van verteenwoordigers in ’n staat van beskuldiging geplaas is. Sy verhoor in die Amerikaanse senaat woed tans voort.

Die lys van sy wilde uitsprake, kwaai Twitter-tirades en ontwrigtende dreigemente teenoor ander wêreldmoondhede wat konsensuspunte en handelspatrone ontwrig, is alles welbekend.

Maar is daar ’n teenargument teen die akademiese, media- en populêre kultuurbewegings se totale verdoemenis van Trump? Is daar ’n argument aan te voer vir die noodsaaklike teenwoordigheid van ’n ontwrigter in die Withuis?

Is dit moontlik dat Trump op 3 November 2020 tot ’n tweede termyn verkies kan word?

Die bekende Amerikaanse humoris Finley Peter Dunne het in 1898, kort voor die Spaans-Amerikaanse oorlog, in een van sy sketse oor ’n fiktiewe Iers-Amerikaanse kroegman in Chicago, Amerikaners se bewustheid van hul eie grootsheid mooi raakgevat. In reaksie op ’n vriend se opmerking dat Amerikaners ’n wonderlike nasie is, reageer die kroegman soos volg: “Ons is, ja. En die beste daarvan is dat ons dit self besef.”

Sy grootste

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport2 min read
Kontrakte Vir Pelle? Maak Dan ’n Wet!
Wetgewing moet verander sodat individue met politieke bande wat met die staat sake doen ook aan die pen kan ry. Dít is die pleidooi wat adv. Andy Mothibi, hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), Dinsdag gerig het aan die parlement se staande ko
Rapport2 min read
Joburg-hoë Bly Geskors Én Moet Opdok – Hof
Die uitvoerende hoof van die Joburg-eiendomsmaatskappy (JPC) wat geskors is nadat omstrede Covid-19-skoonmaakkontrakte deur dié maatskappy toegeken is, kan dit bekostig om vir haarself “knap regsgeleerdes” aan te stel, want sy verdien heelwat meer as
Rapport5 min read
China Wil Vrede Maak
Gert Grobler. Met die Amerikaanse presidentsverkiesing om die draai, woed pres. Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, se aanslag teen China voort. Die aanslag word gekenmerk deur die idee dat ekonomiese en tegnologiese band

Related