Weg! Platteland

Boer soos ’n   rock-ster

OORKANT BO, VAN LINKS

Organiese pampoenplantjies; van die swaeltjies wat oor die organiese koringland kuier; Bertie is steeds lief vir musiek maak en speel deesdae vir Mira. MIDDEL Versamelvoëls is volop in dié wêreld; ’n organiese bonsmarakalfie; Bertie en Alette bak albei graag brood en werk deesdae net met hulle eie organiese en klipgemaalde meel, soos dié “familiemeel”. ONDER Een van Lowerland se meelsakke; ’n trekker op die plaas; ook in die huis is Alette besig met allerhande planteksperimente.

Prieska is ’n plek waaraan die meeste mense nie te veel – of hoegenaamd – aandag gee nie. Niekerkshoop, noord van dié Noord-Kaapse dorp, is net bereikbaar met klipperige grondpaaie. Min besoekers kom hier verby. Maar tussen dié twee plekke, teenaan die breë kronkels van die Oranjerivier, lê die plaas Lowerland. Op hulle webwerf lyk die aanwysings om daar te kom só:

Waar die Bo-Karoo hom disnis loop teen die duine duskant Niekerkshoop waar bonsmaras herkou as die visarend skrou loop rooiwyn en rooivleis hand aan hand

op ons geliefde plaas, Lowerland.

Hierdie is g’n gewone plaas nie. Hier gebeur interessante dinge, met ’n hele boerdery wat besig is om in ’n organiese rigting te beweeg. En die man met die kompas in die hand is ’n eks-rocker.

Bertie Coetzee was van 2003 tot 2013 die hoofsanger van die Afrikaanse rockgroep Zinkplaat. Ná hulle laaste CD, Retrospekulasie, en hulle laaste landwye toer het Bertie voltyds kom boer. Met sy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland10 min read
Ware Rus… Langs Die waters Van Sabie
‘Ek het al voorheen in my lewe perde gehad, maar vanjaar het ek die meeste tyd nóg in die geselskap van hierdie manjifieke diere deurgebring. Hulle is nie net kalmerend nie, maar ook ’n bietjie soos ’n spieël – hulle wys jou ware emosies vir jou,” sê
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou
Weg: Platteland3 min read
Eet, Drink, Wees Plesierig!
Stap deur Sutherland se geskiedenis Amanda du Preez se staptoer, Sutherland on Foot, is ’n lekker manier om meer van die dorp te sien en leer. Sy vertel stories oor die ou geboue en vroeë tye terwyl jy vir sowat twee uur die strate verken. Daar is ni

Related Books & Audiobooks