Weg! Platteland

Akker vir ’n stadskind

‘Sê eers, wat presies wil julle hieruit hê?” Dit is ’n Saterdagoggend vroeg in Desember en Ian Summers, die plaasbestuurder by die Oranjezicht-stadsplaas (OZCF), probeer uitpluis wat my en Deidré se bedoeling is met die groente-akker wat ons wil huur.

Ons antwoord is eenvoudig: Ons woon elk in ’n klein woonstel sonder ’n tuin. Ek is die senior inhoudsredakteur van die tydskrif Woolworths Taste en Deidré is ’n produksieredakteur en diversiteiten-inklusiwiteitspesialis by ’n internasionale uitgewersmaatskappy. Ná baie maande waarin ons van die huis af gewerk het, het ons albei begin smag na iets wat ons heeltemal kon wegvoer van ons lessenaars. Ons was lus om ander mense in die buitelug te ontmoet en ons hande vuil te maak. Soos soveel ander siele reg oor die wêreld het ons gedurende die inperking ons versameling huisplante uitgebrei, maar ons wou ook leer hoe om plante te kweek wat jy kan gaarmaak en eet.

Ek het voorheen al van die OZCF se allotment-projek gehoor, en toe ek in Oktober 2020 vir Deidré oor ’n glas wyn daarvan vertel – natuurlik met ’n gesonde sosiale afstand – het sy dadelik ingestem: “Ons moet op die waglys kom!” Drie maande later was die wag verby. Ons het die gedragskode vir huurders onderteken, vir ons eerste ses maande betaal en die oriëntasiesessie met die hoofboer, Josephine Fitzmaurice, voltooi. Ons was slaggereed om ons hande in die grond te kry.

Ons lappie grond is voorheen gehuur deur iemand wat met die pandemie na sy huis in Amerika moes terugkeer. var. ), met ’n menigte koolagtige blare boaan ’n lang, dik steel. Op ’n vinnige soektog aanlyn het ek ontdek dié erfenisvariëteit kom oorspronklik van die Kanaaleilande, waar dit meestal as voer vir konyne en lewende hawe gekweek word. Die stele word gedroog en met vernis geverf voordat dit as stapkieries gebruik word.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n

Related Books & Audiobooks