Die huis van lag & vergeet
Alzheimer se siekte, daardie toestand waarin jou waardigheid so dikwels sy tassies saam met jou geheue pak en soos ’n droster die nag in verdwyn, is nie kinderspeletjies nie. Nie vir die een met wie dit gebeur nie, maar nóg minder vir diegene wat hulpeloos toekyk hoe hulle geliefde stadig tot niet gaan.
Vra maar vir Helen van Breda en haar man, Mark. Kort voor haar ouers se vyftigste huweliksherdenking het Helen tot haar groot skok agtergekom daar’s groot fout met haar ma.
“Hulle het by ons gewoon, en toe Mark se ouers een middag hier kom eet, het ons het nog aan die etenstafel gesit toe my ma uit die bloute opvlieg en aankondig sy gaan nou krieket kyk. My ma! Sy sou nóóit so iets doen nie! Toe verdwaal sy boonop in die huis… dis toe eers dat my pa erken het daar’s geruime tyd al fout.”
“Toe Helen se ma gediagnoseer is, het ons nog nooit eens van Alzheimer se siekte gehoor nie…” sê Mark.
Van daar af was dit ’n spiraal van ellende, onthou Helen. “Op die plaas in KwaZulu-Natal waar hulle gewoon het, moes my pa nou baie van my ma se take oorneem. Ek dink die stres en spanning
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days