Weg! Ry & Sleep

Met'n boowoonwa na Kunenemond

Die Skedelkus is, selfs in die moderne era, een van die ongenaakbaarste plekke op aarde. Dis ’n strook kuslyn waar die mens teen die natuur worstel en net met fyn beplanning lewend aan die ander kant uitkom. Hier het al hóéveel skepe, mense, diere en selfs besigheidsplanne ’n laaste rusplek gekry.

Maar met slim tegnologie en verbeterde voertuie het dit in onlangse jare al heelwat makliker geword om dié emmerskoplysbestemming te besoek. Mense het al tot by die Kunenemond op die grens tussen Namibië en Angola gestap, ander het met fietse afgery, en ’n klompie manne uit Centurion het die kinders in die skoolvakansie met die Hilux kom wys hoe dit lyk.

Maar een ding wat niemand nog aangedurf het nie, is om ’n groep boswaens en -woonwaens tot hier te sleep.

Dít is ’n prestasie wat ’n span slepers met hulle Conquerors op hulle kerfstok kom sit het.

DIE TOERGROEP ONTMOET mekaar laatmiddag op Swakopmund. Almal is sat ná die lang pad uit Suid-Afrika, maar die eintlike uitdaging lê nog voor. In beginsel is die plan eenvoudig: Om tot by die monding van die magtige Kunenerivier te ry met ’n wa op die haak. Heimlik weet ons Moeder Natuur kan vreeslik vol nukke wees in dié wêreld, maar ons hou duim vas sy sal vir die volgende week in ’n goeie bui bly.

Die volgende oggend is almal net ná sonop paraat en opgewonde om te ry. Ons ontmoet

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep3 min read
Eerste Indrukke Van Die ‘Nuwe’ 70-reeks
Laat in 2021 het ek in hierdie rubriek my mening gedeel oor die toekoms van die Toyota Land Cruiser 70-reeks, en spesifiek die 4.5-V8-turbodieselenjin. Nou, twee jaar later, is die 70-reeks met ’n 2.8-viersilinderenjin beskikbaar. Ek sien op YouTube
Weg: Ry & Sleep3 min read
Waar Gaan Die Tyd Heen?
Dit verstom my al hoe meer hoe vinnig die tyd deesdae verbyflits. Is dit net ek of het ons net nou die dag nog vir mekaar ’n voorspoedige nuwe jaar toegewens? Nou is die eerste amptelike blaaskans vir die jaar al op ons... As jy slim was en ’n bietji
Weg: Ry & Sleep1 min read
Blokraai
Rek ’n bietjie jou brein se spiere met hierdie blokraai. Navorsing het getoon dit is nie net bevorderlik vir jou taal- en kognitiewe vaardighede nie, maar dis ook ’n goeie manier om te ontspan. Kry jou potlood (en uitveër) en geniet hom. Die oplossin

Related