Weg! Ry & Sleep

’n Reis tussen skeepswrakke

Die lot van bykans die hele Namibiese kuslyn het op ’n dag in 1908 ingrypend verander. Dit was die dag toe die spoorwegwerker Zacharias Lewala ’n blink klippie in die sand naby Lüderitz opgemerk het. Daardie diamant wat Zacharias opgetel het, het verrykende gevolge vir dié lappie aarde gehad.

Vir die grootste deel van die 20ste eeu was die kuslyn van die Oranjeriviermonding tot ’n klompie kilometer suid van Walvisbaai tot ’n beperkte gebied verklaar en bekend as die Sperrgebiet. In die laat jare sewentig het die mynbedrywighede begin afskaal en ’n groot deel van die Sperrgebiet, bekend as Diamond Area 2, is ingesluit by wat die grootste wildreservaat in Afrika sou word – die Namib-Naukluftpark. Teen ongeveer 50 000 km2 is die reservaat groter as Switserland, maar groot dele van dié ongelooflike landskap is steeds nie vir die algemene publiek bereikaar nie: Jou enigste opsies is eintlik maar daguitstappies na Sossusvlei en Sandwich Harbour of ’n vlug oor die gebied.

Jy kan egter ook ’n reis van ses dae tussen Lüderitz en Walvisbaai onderneem. Hiervoor het jy ’n 4x4-voertuig, ’n gids met ’n konsessiepermit, ’n gesonde skeut avontuurlus en heelwat vasbytvermoë nodig. Ons het saam met Route Africa Expeditions ingeklim en gaan soek na skeepswrakke, robkolonies, reuseduine én ’n bietjie afsondering in een van die vasteland se grootste wildernisse.

pas opgekom, die lug is helderblou en die windjie byt effens

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep3 min read
Eerste Indrukke Van Die ‘Nuwe’ 70-reeks
Laat in 2021 het ek in hierdie rubriek my mening gedeel oor die toekoms van die Toyota Land Cruiser 70-reeks, en spesifiek die 4.5-V8-turbodieselenjin. Nou, twee jaar later, is die 70-reeks met ’n 2.8-viersilinderenjin beskikbaar. Ek sien op YouTube
Weg: Ry & Sleep8 min read
Montagu Mág Maar!
Wie sou ooit kon dink jy sal so lekker in ’n appelkoosboord kuier... Ja, dit is presies wat die Montagu-woonwapark is – of dan eerder 33 jaar gelede was toe die eienaar, Antonette Kotze, ’n plasie op dié skilderagtige Bolandse dorp op ’n veiling geko
Weg: Ry & Sleep1 min read
Blokraai
Rek ’n bietjie jou brein se spiere met hierdie blokraai. Navorsing het getoon dit is nie net bevorderlik vir jou taal- en kognitiewe vaardighede nie, maar dis ook ’n goeie manier om te ontspan. Kry jou potlood (en uitveër) en geniet hom. Die oplossin

Related