Kindersaal
Dis nou eers elfuur. Die bitterste uur, dink Vera Marais. Dis nog ’n lang skof wat vanaand in hierdie hospitaal voorlê. Gewoonlik vlieg die eerste deel van die aand verby as sy nagskof werk, maar die oggendure lê altyd soos ’n berg voor haar. Tot vieruur wanneer die hospitaal begin wakker word.
Maandagaande is gewoonlik die ergste, want dan was sy ’n week af, en nes sy in die ritme van ’n normale mens met normale ure kom, begin die nuwe skof weer.
Sy kyk weer op haar horlosie, onderdruk ’n gaap en trek die pasiëntelys van die kindersaal nader. Daar is 24 name.
’n Verpleegster het nou-nou gesê dat die een baba wat hier lê, se hele gesin ’n paar dae gelede in ’n gru-ongeluk was. Arme kind.
Daar was nie veel tyd om met die oorgee van die saal te gesels nie, maar dit
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days