Vrouekeur

Al weer SIEK?

Ek is moedeloos. Ek is skaars gesond van die een ding dan begin die volgende een. Ek was net nou die dag by die dokter en het die kursus antibiotika voltooi, maar nou is my keel weer seer en ek het nou ook begin hoes,” sê Rika*, ’n onderwyseres en ma van twee.

Wanneer jy gedurig besig is om van die een of ander verkoue of infeksie te herstel, is dit dalk tyd om jou immuniteitstelsel op te bou, veral met die winter om die draai.

Jou immuniteitstelsel is jou verweer teen kanker, virusse, bakterieë en kieme waaraan ons elke dag blootgestel word.

Volgens dr William Mitchell, ’n praktisyn van Seattle wat gevorderde naturopatie aan die Bastyr-universiteit doseer, toon studies dat baie virusse en bakterieë rustig binne ons woon totdat iets binne die liggaam ongebalanseerd raak. Dit is wanneer hulle aktief raak en die liggaam aanval.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur3 min read
Besonderse BOLPLANTE
Affodille en tulpe is sekerlik van die mooiste bolplante wat daar is, maar mens moenie van hul families vergeet nie. Daar is talle bolplante, veral ons inheemse spesies, wat op ’n plekkie in tuine wag. Die veranderinge wat herfs aan die natuur bring
Vrouekeur6 min read
Net ’n Drie Kan Vyf Tel
Hermien skuif tot op die punt van die stoel. Die uitgebleikte gordyne in die portaal eggo die afgeleefde skoolgebou. Almal is reeds huis toe. Behalwe meneer Pullen. Sy rem aan haar rok, trek dit oor haar knieë. Hierdie aansoek is kardinaal. Die kanto
Vrouekeur1 min read
Woordspel 14
Hoeveel woorde van vier (4) of meer letters kan jy uit die gegewe letters saamstel? Elke letter in die rooster mag net een keer in ’n woord voorkom. Elke woord moet die letter in die ingekleurde blokkie bevat en daar moet minstens een woord met nege

Related