Rooi Rose

KLETSRYM en ons ERFENIS

Wanneer ek die woord ‘erfenis’ hoor, hoor ek die woorde ‘my mense’. En ons kos, ons klere, ons manier van praat, ons lag en hartseer,” sê die veelsydige rapper, skrywer, digter, performer, TV- en radioaanbieder, motiveringspreker, opvoeder en aktivis, Simon Witbooi (37), oftewel HemelBesem.

Dié talentvolle man se brugbouwerk is die afgelope paar jaar met talle pryse bekroon – onder meer met ’n Ghoema, ATKV Mediaveertjie, Woordtrofee en Kanna. Sy jongste album heet God praat Afrikaans.

Simon het pas ’n dokumentêr oor Afrikaanse hip-hop voltooi en sy boek, Straatpredikante, oor dié kultuur, verskyn binnekort by LAPA-uitgewers. Hy meen Afrikaanse hip-hop het ontstaan in die breine van onder andere die argitekte van Prophets of the City in dieselfde tyd toe hip-hop in die tagtigerjare in Amerika begin vlamvat het.

“Hierdie teorie word kommersieel aanvaar en is gedokumenteer, maar natuurlik was daar mense wat dit dalk lankal gedoen het. Dit was dalk net nie so genoem nie. Isaac Mutant, ’n bekende Afrikaanse rap-kunstenaar, het al gesê hy dink Churchil Naudé het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose2 min read
SWEEF soos ’n AREND
In Griekwastad is jy ’n veroordeelde gesinsmoordenaar. Het dit emosioneel ’n tol geëis? Met die voorbereiding vir die rol het ek gesukkel om op die emosionele vlak van sekere tonele te kom, en dit was vir my moeilik om iemand te speel oor wie ek gee
Rooi Rose6 min read
In Haar Element
Daar het baie water in die see geloop sedert ons Therese Bam as die gefolterde kelnerin Katryn in Jan Scholtz se dramareeks Song vir Katryn leer ken het. Dit was die jaar 2003 en kykNET se amptelike eerste dramareeks. Katryn, ’n kelnerin met ’n donke
Rooi Rose5 min read
’n Pa se HART
Ek wou altyd ’n pa wees,” vertel Duane Vermeulen telefonies uit Durbanville. Sy vrou, Ezel, gesels net so lekker saam. “Duane se pa is oorlede toe hy maar agt was, en ek dink dit was vir hom belangrik om ’n pa – en ’n goeie pa – te wees.” Op die agte

Related