Vrouekeur

’N KULTUUR VAN KRAG

Ons mense het ’n geweldige kapasiteit vir blydskap wat ons toelaat om onder die swaarste omstandighede iets te vind om oor te lag,” sê Jerome Rex (38).

Sy album, Al Jerome, is vanjaar met ’n Ghoema-toekenning vir die beste Afrikaanse hip-hop-album bekroon.

“Uit blydskap spruit menslikheid; daardie vermoë om mekaar met deernis te behandel en nie net bloot die lewe vanuit ’n oor-lewingsperspektief te benader nie. Wanneer ons na meer as ons eie belange omsien, verander dit ons harte en ontdek ons dat die lewe om meer as net onsself draai.”

Jerome, wat in Kaapstad in die skadu van Tafelberg gebore is, sy kinderjare in Elsiesrivier op die Kaapse Vlakte deurgebring het en daarna in Kuilsrivier grootgeword het, waar hy steeds woon, het ’n kwalifikasie in opleiding en ontwikkeling en ’n diploma in teologie verwerf. Hy beoefen steeds ’n heeltydse beroep as fasiliteerder in die skryf en ontwerp van studiemateriaal.

Hy en sy vrou, Adéle, is al 14 jaar getroud. Hulle het twee dogters, Eden (11) en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur3 min read
Die Belangrikste Boek
Ds Janine Bevolo-Manders is verbonde aan die Nederduitsch Hervormde Kerk Witfontein in Pretoria-Noord en is al 20+ jaar ’n predikant Die maatskappy Fedex het ’n advertensie gehad wat hulle op die fliek Castaway geskoei het. In die fliek is Tom Hanks
Vrouekeur1 min read
Bybelblokraai
Voltooi die blokraai en gebruik die omkringde letters om die versteekte woord of naam te ontsyfer. Leidraad: Sentrale leer van die Christendom oor die bestaan van God; die Vader, Seun en Heilige Gees OPLOSSING – Drie-eenheid ■
Vrouekeur2 min read
Pantoffels
MOEILIKHEIDSGRAAD: ★ 110 g Chunky (blou) of 70 g Seriously Chunky (rooi) per paar 8 mm-breinaalde aw = aweregs H/af = heg af r = regs rs = reksteek (elke ry regs) Pas 5–6(7–8) voetgrootte ▶ Gebruik breidraad wat jy beskikbaar het en pas die hoeveelhe

Related