Rooi Rose

ABC VAN GROEN SKOONHEID

AANPASBAAR

Wees aanpasbaar. Sommige dinge gaan aanvanklik meer moeite as jou gewone roetine verg, maar fokus op die voordele.

BIOAFBREEKBARE VERPAKKINGS EN FORMULES

“Eenvoudig gestel: produkte wat bioafbreekbaar is, word deur ’n komposteringsproses weer grond wanneer dit in die natuur gelaat word. Die komposteringsproses vind plaas wanneer die produk blootgestel word aan suurstof en bakterie en fungi die oppervlakke opvreet sodat die produkte vergaan en onherkenbaar word,” verduidelik Roelien du Plessis, lektor aan die Departement van Omgewingswetenskap aan Unisa. “Bioafbreekbare verpakking kan saam met jou tuinafval geplaas word, of op jou komposhoop gegooi word, of in klein hoeveelhede kan jy dit vir die wurms van jou wurmplaas voer,” sê Roelien. Het jy nie ’n komposhoop of plek vir ’n komposhoop nie, beveel Robyn Smith, eienaar van faithfultonature.co.za ’n bokashi-drom aan waarin jy kosafval en ’n klein hoeveelheid bioafbreekbare verpakking kan gooi. Maar gooi jy jou bioafbreekbare rommel in die gewone drom, help dit nie veel nie. “Die gereguleerde afvalterreine is veronderstel om inkomende rommel te kompakteer en met ’n laag grond te ‘begrawe’. Bioafbreekbare produkte is veronderstel om dan te kan afbreek. Maar die kompakteringsproses veroorsaak soms dat alle suurstof uitgepers word sodat die bioafbreekbare produkte as ’t ware onder die grond ‘bewaar’ word. Daar is al koerante (papier is bioafbreekbaar) op ’n afvalterrein opgegrawe wat ná baie jare nog leesbaar was. Om skoonheidsprodukte met bioafbreekbare formules te gebruik, plaas ook minder druk op ons water- en suiweringstelsels,” sê Roelien.

BIOAFBREEKBAAR

LUSH CLEANSING WIPES 7 TO 3 (R39,50) IS ’N BIOAFBREEKBARE, HERBRUIKBARE REINIGER EN GRIMEERVERWYDERINGSLAPPIE WAT JY NET IN WARM WATER AFSPOEL NADAT JY DIT GEBRUIK HET. DIE LAPPIE HOU SOWAT DRIE MAANDE. RAIN SE ECO DIVA FACE WASH (R340 ) GEBRUIK ’N HERVULBARE GLASBOTTEL PLEKS VAN PLASTIEK. ECO DIVA GEBRUIK SLEGS ORGANIESE EN NATUURLIKE BIOAFBREEKBARE BESTANDDELE. ECOFRIENDLY BIODEGRADABLE COTTON BUDS (R21,99 VIR 100 OORSTOKKIES, BESKIKBAAR BY APTEKE LANDSWYD EN AANLYN BY ). DIT BEVAT GEEN PLASTIEK NIE EN IS BIO-AFBREEKBAAR.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose3 min read
DIERE & HUL GIERE
Diere kan nie praat nie, maar hul blote teenwoordigheid bring vir die meeste van ons ontelbaar baie vreugde. Navorsing het ook bewys dat troeteldiere talle gesondheidsvoordele vir hul eienaars inhou – hulle laat ons ontspan en lag, en verseker ook da
Rooi Rose2 min read
SWEEF soos ’n AREND
In Griekwastad is jy ’n veroordeelde gesinsmoordenaar. Het dit emosioneel ’n tol geëis? Met die voorbereiding vir die rol het ek gesukkel om op die emosionele vlak van sekere tonele te kom, en dit was vir my moeilik om iemand te speel oor wie ek gee
Rooi Rose1 min read
Vergrote Prostaat
(Ook genoem BPH of benigne prostaathiperplasie). Hierdie nie-kanker prostaatvergroting is die algemeenste mannekwelling. Om een of ander rede bly die prostaat groter raak. Tipiese simptome is die aanhoudende behoefte om kort-kort te urineer, stadige

Related