Huisgenoot

KYKGENOT TE KIES & KEUR

DIE nuwe jaar het met ’n vaart weggetrek en jy begin reeds beplan aan al die dinge wat jy vanjaar gedoen moet kry. Maar so tussen die reëlings deur kan jy gelukkig ook af en toe na lekker vermaak en ’n blaaskans voor die groot- of kleinskerm uitsien.

Vanjaar is daar baie goeie kykstof om van te kies en nie naastenby genoeg tyd vir al die opsies nie; maar ontspan: Ons het vir jou ’n nuttige gids saamgestel van ’n hand vol van die beste flieks en reekse wat sal boei. Gebruik dit om jou kyktyd te beplan.

NUUT OP DIE KASSIE | ENGELS

NANCY DREW

SPEURDRAMA. M-NET, VAN 11 JANUARIE, SATERDAE, 21:00

Nancy Drew (vertolk deur Kennedy McMann) is ’n briljante tiener wat haar speurvernuf inspan om raaiselagtige misdade op haar tuisdorp op te los. Die skielike dood van haar ma ry haar planne in die wiele om ná skool te studeer, en ’n hartseer Nancy beloof sy gaan nooit weer speurder speel nie . . . Die televisiereeks is gegrond op die gewilde boekreeks.

WHY WOMEN KILL

KOMEDIE. M-NET, VAN 13 JANUARIE, MAANDAE, 21:00

Lucy Liu, Ginnifer Goodwin en Kirby Howell-Baptiste speel vroue wat in verskillende dekades leef – ’n huisvrou in die 1960’s, ’n sosiale vlinder in die 1980’s en ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related