Huisgenoot

ONS ROLLE AS RÉGTE MENSE

SY KEN al die kuns om in ’n karakter se vel te klim, maar dié keer was dit anders; dié keer is dit ekstra spesiaal.

“Met my vorige rolle wou ek net hê iemand moet by my karakter aanklank vind,” vertel Marguerite van Eeden, wat al naam gemaak het in die rolprent Vaselinetjie en in TV-reekse soos Sara se geheim en Fynskrif. “Maar met Vergeet my nie is dit die eerste keer dat ek nie mense wil beïndruk nie. Ek wil een mens beïndruk en dit is sý …”

Daardie “sy” na wie die aktrise verwys, is Mardaleen Derks, wie se rol Marguerite (22) vertolk in die fliek Vergeet my nie, wat op Valentynsdag in rolprentteaters begin.

Want Mardaleen is geen karakter wat uit ’n draaiboekskrywer se verbeelding opgetower is nie, maar ’n werklike mens van vlees en bloed. Dié 44-jarige Huisge noot-leser van Gobabis in Namibië en haar man, Hugo (47), se liefdesverhaal was die inspirasie vir Huisgenoot, kykNET en Th e Fi lm Factory se nuwe fliek. Terwyl gedeeltes van die fliek op die werklike gebeure van die laat 1990’s gegrond is, is ander gedeeltes aangepas – op die silwerdoek word feit en fiksie vervleg.

In die manlike hoofrol is Sean-Marco Vorster (28), wat onlangs in die kyk NETdrama te sien was. Om, en gespeel. Maar om jou karakter in lewende lywe te ontmoet was ’n ander storie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related