Tuis

OP REIS MET RYS

Ryspoeding met rooswater en pistasieneute

Ons dollie hierdie ekonomiese nagereg op met duur pimperneute, repies lemoenskil en rooswater, maar jy kan dit ook eenvoudig met kaneel en ’n paar druppels heuning voorsit. Geniet dit warm of koud.

Genoeg vir 4
Voorbereiding: 40 minute
Gaarmaaktyd: sowat 35 minute

1 liter melk
45 ml ligbruinsuiker (of na smaak)
’n knippie sout
2 ml fyn kardemom
1 kaneelstokkie
1 reep lemoenskil, al die wit afgesny
125 ml jasmynrys, gespoel
15 ml rooswater
100 g pistasieneute, uitgedop en grofgekap
’n strooisel rooi of helderpienk roosblare vir garnering
5 ml gerasperde of fyngesnyde lemoenskil

1 Sit die melk, suiker, sout, speserye en lemoenskil in ’n kastrol en bring tot kookpunt terwyl jy roer om die suiker op te los. Draai die hitte laer, voeg die rys by en laat prut rustig tot die rys gaar is en die nagereg begin verdik (sowat 30 minute). Roer gereeld sodat die melk nie oorkook of aanbrand nie.

2 Laat staan ’n paar minute, roer dan die rooswater by en skep in bakkies. Garneer met die neute, roosblare en ekstra lemoenskil.

Rooikerriehoender met klapperroomrys

Hierdie is nie jou-ma-se-pastoriehoender nie, maar ’n bitsige weergawe van dié eenpantamatiegereg uit die 1980’s – mooi genoeg vir ’n spogete, maar maklik genoeg om enige wintersaand so ’n bietjie op te kikker.

Genoeg vir 4 ruim porsies
Voorbereiding: 1 uur
Gaarmaaktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 180 °C

30 ml rooikerriepasta (of na smaak)
1 klein blikkie (165 ml) klapperroom
4 hoenderkwarte, vel verwyder (sien wenk )
30 ml olyfolie
2 preie of ’n klein ui, gekap
4 groot murgpampoentjies, in ringe gesny
500 ml jasmynrys
1 takkie kerrieblare• •

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar
Tuis3 min read
Groen EN AARDS IN DIE BETONOERWOUD
WIE WOON HIER? Wim en JC Steyn en hul tweelingseuns, Luka en Liam (5)WAAR Linden, JohannesburgGROOTTE 423 m² Groen, wit en aards is hoe ons Wim en JC se elegante huis in die Goudstad leer ken het sedert hulle in 2015 hier ingetrek het. Nege jaar, vie
Tuis6 min read
Verfris Jou Leefruimte!
Een van die doeltreffendste maniere om te keer dat jou TV-skerm die fokuspunt in ’n vertrek word, is deur dit met geraamde kunswerke te omring. Dis juis wat Nicolette Geldenhuys in haar huis in Kommetjie in die Kaapse Skiereiland gedoen het. Ou en nu

Related