Tuis

AAN DIE PRUT

Suurlemoen-enborriehoender met spinasie

Dié kleurvolle bredie kort nie regtig ’n ekstra stysel nie, maar die sousie is darem lekker oor gestoomde rys...

Genoeg vir 4 ruim porsies  Voorbereiding: 25 minute Gaarmaaktyd: 1 uur

 30ml olyfolie
 60ml botter
 4 hoenderboudjies en 4 dytjies, vel verwyder
 1 bossie spinasie, stingels en blare apart
 1 rooi ui, gekap
 2cm vars gemmer, geskil en gerasper
 3 knoffelhuisies, fyngekap
 5ml elk fyn komyn en koljander
 10ml borrie
 3ml fyn kaneel
 12 klein aartappeltjies, gehalveer
 1 blik (400g) kekerertjies, gedreineer
 sowat 500ml hoenderaftreksel
 1 suurlemoen
 Griekse jogurt vir voorsit (opsioneel)

1 Verhit die olie en botter in ’n dikboompan en braai die hoender tot oraloor goudbruin. Geur mildelik met sout en swartpeper en hou eenkant.

2 Kap die are van die spinasieblare fyn (dit het dieselfde tekstuur as seldery en gee heerlike lyf aan die gereg) en braai dit saam met die ui in dieselfde pan tot glansend. Voeg die gemmer en knoffel by en braai nog ’n paar minute saam totdat die groente begin kleur kry.

3 Roer die speserye en aartappels by en roerbraai tot goed gemeng. Skep die hoender terug in die pot en voeg die kekerertjies en aftreksel by. Laat prut rustig vir sowat 45 minute of tot die hoender en aartappels lekker sag is.

Kap die spinasieblare en roer by. Rasper die suurlemoen se skil oor en laat prut nog sowat 5 minute of tot die spinasie verwelk is. Geur na smaak met die suurlemoen se sap. Sit voor met gestoomde rys en,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis3 min read
Groen EN AARDS IN DIE BETONOERWOUD
WIE WOON HIER? Wim en JC Steyn en hul tweelingseuns, Luka en Liam (5)WAAR Linden, JohannesburgGROOTTE 423 m² Groen, wit en aards is hoe ons Wim en JC se elegante huis in die Goudstad leer ken het sedert hulle in 2015 hier ingetrek het. Nege jaar, vie
Tuis4 min read
Trek In En Maak Reg!
WIE WOON HIER? Gill AlldermanWAAR Kommetjie, Wes-KaapGROOTTE 442 m2 Gill se mandjieversameling in die kombuis (oorkant ) en sitkamer (sien ook bl. 67) bring tekstuur in en komplementeer die seegrasmat op die trap na die biblioteek en slaapkamers op
Tuis12 min read
Kerriekos
Hierdie vinnige ete is luuks en maak ’n heerlike bederfmaal. Dit is my weergawe van Fatima Sydow se garnaal-akhni uit haar boek Kaap, Kerrie en Koesisters, geskryf saam met Gadija Sydow Noordien. Op ’n weeksaand vervang ek die seekos met minihoenderf

Related