Tuis

Verfris jou leefruimte!

1 ’n Galerymuur

Een van die doeltreffendste maniere om te keer dat jou TV-skerm die fokuspunt in ’n vertrek word, is deur dit met geraamde kunswerke te omring. Dis juis wat Nicolette Geldenhuys in haar huis in Kommetjie in die Kaapse Skiereiland gedoen het. Ou en nuwe kunswerke, onder meer van haar eie illustrasies en ander stukke wat sy oor jare versamel of by vriende geruil het, pas perfek in die kleurskema van groen, swart en natuurlike tone in die oopplanruimte.

“Die hoë uitstalrak links gee hoogte en dimensie, en is ideaal vir kosbaarhede soos my Noush-poppe,” sê Nicolette.

FRAAI VENSTERS

Gordyne van deursigtige of ligte materiaal wat met strikkies aan die reling vasbind, dra ’n romantiese, sagte gevoel oor. Dit pas in verskeie dekorinkledings, van Frans en shabbysjiek tot die strand- of plaashuisstyl.

HET JY GEWEET?

Slim-TV’s wat ’n kunswerk vertoon wanneer dit nie aangeskakel is nie – pleks van net ’n donker, dooie skerm – raak al hoe gewilder. Kyk op bl. 28 hoe werk dit in die Steyns se huis.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar
Tuis3 min read
Groen EN AARDS IN DIE BETONOERWOUD
WIE WOON HIER? Wim en JC Steyn en hul tweelingseuns, Luka en Liam (5)WAAR Linden, JohannesburgGROOTTE 423 m² Groen, wit en aards is hoe ons Wim en JC se elegante huis in die Goudstad leer ken het sedert hulle in 2015 hier ingetrek het. Nege jaar, vie
Tuis4 min read
TOT LOF VAN loof
Die meeste plante blom vir lang tye van die jaar nié, daarom is dit noodsaaklik om die blare en groeiwyse in ag te neem wanneer jy plante vir ’n bedding kies. ’n Mens kan redeneer die blomme is net ’n bonus, die blare is eintlik waarna jy moet kyk vo

Related