Tuis

9 lieflike SLAAPKAMERS

# 1 Breek ’n slag weg

WIE Marilouise en Jacques van der Merwe

WAAR Swellendam

The Greenhouse, ’n luukse toevlug op die plaas Fazenda buite Swellendam, staan reg midde-in ’n afgeleë woud. Daarom wou sy hê dit moet vir haar gaste voel asof hulle buite slaap, vertel Marilouise, die eienaar. “Tussen die glasmure kan mense ’n interaktiewe ervaring met die omgewing geniet.”

Hoewel die kleurskema neutraal is, verskaf groen die vernaamste aksente tussen spatsels blou. Teen die muur agter die bed is herwinde plafonpanele opgesit en wit geverf; wit metroteëls in die badkamer sluit daarby aan (ook oorkant) en onderstreep die skoon styl in die ruimte.

“Hier in The Greenhouse heers daar vir my ’n diepe bekoring, byna soos in ’n teater, wat jou dadelik laat vergeet van al die spanning van die alledaagse lewe.”

[ MARILOUISE SE BESTE RAAD ]

• Dis belangrik dat daar ’n verwantskap tussen die gebou en die binneruimte is, hetsy in die styl of die struktuur.

• Gaan soek na spesiale artikels wat jou ruimte besonders maak; en as dit funksioneel is, soveel te beter.

• Sorg bo alles dat jy die projek geniet!

KONTAK fazendaswellendam.co.za

# 2 Hart en siel

WIE Maxine Storer

WAAR Johannesburg

Toe Lisa Storer hierdie kamer vir haar 20-jarige dogter Maxine ontwerp het, het sy nie ’n bepaalde styl

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis12 min read
Kerriekos
Hierdie vinnige ete is luuks en maak ’n heerlike bederfmaal. Dit is my weergawe van Fatima Sydow se garnaal-akhni uit haar boek Kaap, Kerrie en Koesisters, geskryf saam met Gadija Sydow Noordien. Op ’n weeksaand vervang ek die seekos met minihoenderf
Tuis23 min read
Hoera Vir Hoender
Dié rissiesous is baksous sowel as bykos. Dis heerlik geurig, eerder as skelwarm – proe self. Genoeg vir 6 • Voorbereiding: 40 minuteGaarmaaktyd: 1 uur en 20 minuteOondtemperatuur: 180 °C • 6 hoenderkwarte• 1 blik (400 ml) klapperroom• gestoomde rys
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar

Related