Tuis

Lieflike slaapkamers

# 1 Blou om te onthou

Blou is die gewildste kleur in die wêreld. Dis ook een van Stefan Blom en Albie du Toit se gunstelingkleure, daarom was dit ’n voor die hand liggende keuse vir ’n gastekamer in hul huis in Groenpunt.

“Blou kom oral in die natuur voor; dink net aan hoe blou die lug lyk wanneer jy op jou rug in die gras lê, of terwyl jy in koel blou water swem … Blou is bekend en vertroostend,” sê Stefan, ’n sielkundige. “Dit voel asof dié kamer jou omhels, en ons gaste is mal daaroor.”

Stefan en Albie het blou oral in die kamer gebruik – die mure, vloer, kas, beddegoed én gordyne is alles blou. Vir ’n rustige atmosfeer het hulle drie verskillende skakerings herhaal, maar om seker te maak dit raak nie té eentonig nie, is die agterkant van die deur helderpienk. “Ons verf altyd die gastekamers se deure in ’n kontrasterende kleur vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis3 min read
Diere-maniere
Watter een van dié drie is Gucci die dwergpoedel? – Mari Viviers, Paarl Tansy en Teagan geniet mekaar se geselskap. – Chandré de Wit, George Chloe die Ragdoll-katjie verlustig haar in die geur van die dahlias. – Penny Mowbray, Gqeberha Mossel stel ’n
Tuis4 min read
Trek In En Maak Reg!
WIE WOON HIER? Gill AlldermanWAAR Kommetjie, Wes-KaapGROOTTE 442 m2 Gill se mandjieversameling in die kombuis (oorkant ) en sitkamer (sien ook bl. 67) bring tekstuur in en komplementeer die seegrasmat op die trap na die biblioteek en slaapkamers op
Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af