Tuis

Als is beter met kleur

Houtskool & swart

Altyd stemmingsvol

Houtskool is ’n ou gunsteling teen fokusmure waar dit ’n kontemporêre gevoel en voorkoms na enige ruimte bring – ook die slaapkamer. Dis hoekom Izette Carinus van die plaas Fransmanskraal buite Stellenbosch hierdie donker skakering gekies het toe sy een van die ou geboue op haar eiendom in ’n gastehuisie omskep het as uitbreiding van haar trou-venueonderneming. Danksy oorgenoeg natuurlike lig laat die kleur nie die vertrek donker voel nie. Staalkabinette as bedkassies gee ’n moderne kinkel aan die plaashuisvoorkoms.

Donker diepte

Toe Lizelle en Nico Janse van Rensburg hul huis in Melville, Johannesburg, opgeknap het, het hulle ’n deel van die oorspronklike siersteenmuur agter hul braaiplek ongepleister gehou, in pas met die stene daaronder. Donkergrys mure rondom beklemtoon die boogvorm en versterk die atmosfeer.

Groen

’n Groen plafon? Hoekom nie!

Len en Faith du Plessis het in 2017 ’n ou huis in Knysna gekoop wat jare lank verhuur was – die bure het dit die “lelike eendjie” genoem. Maar Len en Faith het die moontlikhede van ’n elegante swaan gesien.

“Die huis was nou wel afgeleef en donker binne, maar die struktuur was stewig. Ons het darem van die begin af geweet ons sou ons hande moes vuilmaak en slim planne maak om dit leefbaar te kry,” sê Len.

Hul handewerk het soveel indruk gemaak dat hulle as naaswenners aangewys is in ons Regruk met Flair-kompetisie van 2017 – en hierdie treffende eetkamer was een van talle hoogtepunte wat tydens die beoordeling die Tuis|Home-span se aandag

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis12 min read
Kerriekos
Hierdie vinnige ete is luuks en maak ’n heerlike bederfmaal. Dit is my weergawe van Fatima Sydow se garnaal-akhni uit haar boek Kaap, Kerrie en Koesisters, geskryf saam met Gadija Sydow Noordien. Op ’n weeksaand vervang ek die seekos met minihoenderf
Tuis23 min read
Hoera Vir Hoender
Dié rissiesous is baksous sowel as bykos. Dis heerlik geurig, eerder as skelwarm – proe self. Genoeg vir 6 • Voorbereiding: 40 minuteGaarmaaktyd: 1 uur en 20 minuteOondtemperatuur: 180 °C • 6 hoenderkwarte• 1 blik (400 ml) klapperroom• gestoomde rys
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar

Related