Tuis

Slaapkamers op hul mooiste 25

1 Kies ’n kombers

’n Weelderige kombers is dikwels al wat nodig is om ’n ruimte nuwe trefkrag te gee. Party kom wel teen ’n prys, maar beskou dit as ’n belegging wat jy eendag as erfstuk kan nalaat.

In die selfdoenghoeroe en bouer Karin Cronjé se kamer is ’n manjifieke wolkombers met blare in ’n diep jadegroen die apploustrekker. Die materiaal is dig vervilt – ideaal vir ekstra definisie en kleur in ’n gesellige plaashuis óf trendy stadswoonstel.

2 Onthou vir blou

Blou, ’n gunstelingkleur vir fokusmure in slaapkamers oor die wêreld heen, is die perfekte roete om jou reguit droomland toe te neem. Hierdie kinderkamer in ’n nagmaalhuisie van ouds op Richmond in die Noord-Kaap is ryklik ingeklee met dekor en sagte meublement wat by die gebou se Victoriaanse argitektuur pas (sien “Vars idees” op bl. 8).

Die gewoonte-opknapper Jan Sauer Lambrechts is dol oor die diepblou palet: “Donkerder kleure is vir my terselfdertyd knus en koel, wat goed werk in die strawwe Karoo-klimaat. Ek hou van die rustigheid wat dit meebring.”

KENNERSRAAD

Jan Sauer se wenke

As iemand wat altyd groot vreugde put uit sy binneafwerkings, het Jan Sauer sy eie skeppende grense hier getoets en tradisionele geruite komberse saam met weelderige blommotiewe gebruik om ’n Victoriaanse gevoel met ’n kinkel te skep.

Twee kontrasterende kniekomberse is aanmekaargestik vir elke bed. “Dit skep ’n besonderse fokuspunt, en die kombinasie dra ’n mate van eksentrisiteit oor.”

KONTAK

sauergroup.co.za

3 Verf is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
Ons Lesers Sê
Melissa van der Colff van Upington skryf Dankie aan Tuis vir die artikel “Gelukkige sonvangers” (Desember 2022 | Januarie 2023). Kort daarna was dit vir ons geliefde ma, Malinda van der Colff, tyd om ons te groet. Haar tuin was haar lewe en die art
Tuis3 min read
Diere-maniere
Watter een van dié drie is Gucci die dwergpoedel? – Mari Viviers, Paarl Tansy en Teagan geniet mekaar se geselskap. – Chandré de Wit, George Chloe die Ragdoll-katjie verlustig haar in die geur van die dahlias. – Penny Mowbray, Gqeberha Mossel stel ’n
Tuis2 min read
Kos & drank
Geometriese servette (stel van 2) R350, byjohndesigns.com Bibby’s More Good Food (R480, Penguin Random House) is die tweede resepteboek deur die kos-inhoudskepper Dianne Bibby. Daar’s maklike en veelsydige resepte vir alles van elegante mengeldrankie

Related