SARIE

LEESDINGE

Jou wat ek met ’n potlood teken enkele lyne bewend onseker geheim anderkant die geheim van are geheim anderkant die liefde

Uit die gedig “Tekening” deur Ingrid Jonker in die bundel Ingrid Jonker: Die papie roer en ek word digter (Protea Boekhuis, R220)

Givenchy Catwalk

Alexandre Samson & Anders Christian Madsen (Thames & Hudson, R2 055)

Toe Hubert de Givenchy in 1951 sy modehuis in die goue era van haute couture begin het, was die jong ontwerper sy tyd vooruit. Dié omvattende boek verewig die geskiedenis van die huis van Givenchy in woord en beeld.

De Givenchy se loopbaan is deurlopend gekenmerk deur sy innoverende gebruik van moderne tekstiele. Aanvanklik is hy afgemaak as te kontemporêr en moes hoor dat sy ontwerpe boetiekagtig is, eerder as suiwer haute couture. Wat bemarking en publisiteit betref, was hy ook sy tyd en het die kollig nog sterker op De Givenchy laat skyn. Bekendes soos Jacqueline Kennedy, Lauren Bacall en Greta Garbo was ook kliënte. Ná 43 jaar in die bedryf het hy in 1995 afgetree en in die jare daarna het ses ontwerpers, onder andere John Galliano en Alexander McQueen, gesorg dat die modehuis bly voortbestaan. Die boek is ’n visuele fees en suiwer inspirasie!

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE4 min read
16 Blaaie Vir Die Ontspan, Die Probeer En Die Pret!
DWARS 7 Te perd (6)8 ’n Mooi man (6)9 Ekonomiese insinking (8)10 Begeer (4)11 Wat bestaan (4)12 Kombineer (8)14 Poort (8)16 Godsdienstige gebruik (4)18 Bondel druiwe (4)20 Ondermyn (8)22 Alarm (6)23 Vroeër (6) AF 1 Ervaar (6)2 Oor argumente praat (8
SARIE3 min read
Luuks
Daar is iets bekorends aan die aand wanneer die son sak en die hemelruim met stadsliggies en sterre verlig word. Met Chanel se Rouge Allure Velvet Nuit Blanche-lipstiffie (R1 075) in jou handsak, kan jy glansryk op jou aandafspraak gaan. Waag met ’n
SARIE7 min read
‘My Ma Het Ons Nooit Weer Kom Haal’
Terry Steenhuisen onthou dit so goed asof dit gister gebeur het. Sy was nege jaar oud. Dit was Vrydag, ’n verpligte “uit-naweek” by die kosskool. Sy het met haar tassie by die venster gesit en uitgekyk vir haar ma. Die motors het gekom en gegaan, maa

Related