Landbouweekblad

‘Doen niks wat die natuur skade berokken nie’

Holistiese boerdery

Klasloop in meganiese ingenieurswese het dalk minder aftrek gekry as sy stookbedrywighede in sy koshuiskamer, maar 25 jaar later werp dié praktiese kennis letterlik en figuurlik vrugte af.

Wanneer Coetzer Hanekom tussen sy wingerde rondry en geesdriftig uiteensit hoe hy boer en alles benut word, hou hy kort-kort stil om ’n druiwetros, blomplant of voël te wys wat vir hom so belangrik in sy holistiese boerdery is. “Dit is belangrik om niks te doen wat die natuur kan skade berokken nie.”

Op die Hanekoms se plaas, Die Mas, waar sy ouers, Vlok (81) en Welna (76), steeds hand bysit, produseer hulle alles wat op ’n druiweplaas moontlik is.

Buiten rosyne, wat vir die grootste inkomste sorg, verkoop hulle ook tafeldruiwe en maak 12 soorte wyn – van rooi tot vonkelwyn – van hul wyndruiwe.

Dit is veral die brandewynvertakking waar die Hanekoms grense verskuif. Coetzer vertel daar is ’n groot oplewing in die mark vir handgemaakte (craft) brandewyn.

“Ons is 14 jaar voor die res van die bedryf omdat ons al so lank gelede begin het. Almal wil nou op die brandewynwa klim, maar hulle het nie tien jaar gelede geskikte wingerd geplant en vyf jaar gelede begin stook en brandewyn in vaatjies opgeberg nie.

Coetzer stook vyf soorte brandewyn: premie-potketelbrandewyn van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related