Landbouweekblad

VOLHOUBARE SUIKERRIET Taai pad, maar bevredigend

Biodinamika en suikerrietverbouing word nie sommer in een asem genoem nie. Die 39-jarige mnr. Brad O’Neill van die plaas Seafield by Richmond doen egter baanbrekerswerk met presisieboerdery en volhoubare, biodinamiese praktyke. Hy voeg ook waarde toe met die suksesvolle Sugar Baron-boetiekdistilleerdery wat Agricole-rum maak.

Nadat sy pa, Roger, in 2010 oorlede is, het O’Neill sy werk in die Wes-Kaapse wynbedryf bedank om die heeltydse bestuur van die gesin se droëland-suikerrietplaas oor te neem. Met geen vorige bestuurs- en produksie-ervaring van suikerrietverbouing nie, is hy aan die spreekwoordelike diep kant ingegooi.

“Dit was ’n stresvolle, maar motiverende ervaring. Ek het navorsing gedoen, soveel as moontlik neergeskryf, goeie raad van baie ervare suikerrietkwekers gekry, en is deur ’n nou afgetrede onafhanklike akkerboukonsultant gelei. Ek het ook my pa se deeglike rekordhouding gehad om op terug te val, en ons familieplaas se jare lange personeel het ook baie kennis gehad om te deel.”

Sy pa was ’n vernuwende boer wat in die) as ’n groenbemestinggewas tussen die uithaal en hervestiging van sy suikerriet geplant het. O’Neill se blootstelling aan volhoubare landbouproduksie in die wynbedryf het ook gewys dat multispesie-groenbemestinggewasse die regte benadering is om biodinamikastelsels in sy suikerrietbestuur in te sluit.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter