Landbouweekblad

‘X-strale en bloedtoetse’ vir gesonde saaigrond

TLU SA Jongboer van die Jaar

Geen- en verminderde bewerking is nie altyd moontlik nie, maar dit beteken nie ’n saaiboer hoef nie mooi na sy grond te kyk as hy konvensionele bewerking toepas nie. Nicky van der Linde, TLU SA se Jongboer van die Jaar vir 2023, doen alles in sy vermoë om sy grond se gesondheid en struktuur op te pas.

Gereelde toetse op sy plaas, Cyrus, by Standerton dui aan daar is geen verswakking in die grondstruktuur nie.

Presisieboerdery in ál sy vorms en die bandplasing van kunsmis om nét die regte hoeveelhede toe te dien, verseker verder dat hy wetenskaplike beginsels navolg.

Nicky boer onder die naam Geelbos-boerdery met mielies, sojabone, kommersiële Afrikaner-kruisrasbeeste en SA Vleismerino-skape. Die bekende Geelbos Afrikaner-stoetery het nog tot verlede jaar bestaan, maar dit is toe weens die werk wat die saaiboerdery op 3 500 ha verg, na ’n kommersiële boerdery omgeskakel.

Kompos se voordele

Nicky plant mielies en sojabone in ’n 50-50-wisselboustelsel. Hy plant Dekalb-mieliekultivars: DKC 72-72B, DKC 64-64BR, DKC 68-54B en DKC 73-70B. Almal is Bt-basters en geeneen is met genetiese modifisering geteel om chemiese onkruidbekamping met Roundup te kan doen nie.

“Omdat ek Roundup-Ready-sojabone verbou, is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit