Landbouweekblad

As groen boer se voordele begin sneeubal …

Herlewingslandbou

KORTOM

■ Die Clarks gebruik tien “gewasse” – hieronder ook vee – om die biodiversiteit van voordelige lewe bo en onder die grondoppervlak te verhoog.

■ Deur hul langtermyngebruik van herlewingslandboupraktyke kon Rick Clark en sy gesin talle chemiese produksie-insette heeltemal uitskakel.

■ Pleks daarvan om opbrengs tot elke prys na te jaag, moet saaiboere volgens Rick daarop konsentreer om maksimum opbrengs op hul belegging te behaal deur volhoubare produksiepraktyke.

Naam: Clark Land & Cattle; Farm Green Consulting

Ligging: Williamsport, Indiana, Amerika

Oppervlakte: Sowat 2 800 ha

Vertakkings: Gewasse: mielies, bone, koring, lusern, sorghum, ertjies, dekgewasse; Vee: 75 vleisbeesteelkoeie en 30 skaapteelooie. Die gewasproduksiestelsel strek tipies van April tot September.

Topografie: 209 m bo seevlak (gemiddeld), met 220 m die hoogste en 198 m die laaste vlak.

Klimaat: 762-864 mm reën en sneeu per jaar; van -40 °C tot 35 °C

Die ekonomiese gesegde beweer jy kan jouself nie ryk spaar nie, maar ’n jaarlikse besparing van byna R38 miljoen laat ’n mens heroorweeg of daar nie waarheid hierin steek nie.

Rick Clark se langtermynvisie vir sy gesin se Clark Land & Cattle-landboubesigheid in die Amerikaanse deelstaat Indiana vorder só goed dat hy deurlopend winsgewende kontantgewasse verbou sonder die gebruik van potensieel skadelike produksie-insette en -praktyke. Meer as 2 266 ha van sy 2 800 ha bewerkbare grond is reeds organies gesertifiseerd, met die res wat binnekort sal volg. Die jaarlikse besparing van ’n yslike $2 062 selfs sy felste kritici se monde.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit