Landbouweekblad

Presisiebeginsels lewer beter wyn én organiese produksie

Een aand, ná ’n sokkie-opskop tydens sy oorbruggingsjaar ná matriek, het mnr. Damien Cadle by ’n vriend in die Bottelaryheuwels by Stellenbosch oorgeslaap. Die volgende oggend, toe hy oor die wingerd rondom die huis tuur, was dit asof iets “gekliek” het.

“Ek het wingerd- en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch gaan studeer, maar die wingerd was altyd die aanloklikste,” vertel Cadle, ’n gebore en getoë Noordwester wie se familie met hoenders en vee geboer het.

As student kon hy nie uit die wingerd bly nie. Toe het hy “harde lesse geleer” terwyl hy na ’n wingerd tussen Stellenbosch en Somerset-Wes omgesien het.

“Ek het self gesnoei, gespuit, gepars en ook wyn gemaak, maar ek dink ek het net 100 kg druiwe afgehaal vir vreeslik baie werk! Daar het ek agtergekom as druiwe nie op standaard is nie, gaan jou wyn ook nie wees nie,” vertel Cadle waar hy tans sy droom op Meerendal, neffens Durbanville se Dorstberg, uitleef.

’n Paar jaar as “pypsleper” op Grande Provence op Franschhoek en daarna by die presisieboerderyonderneming Revolute Systems op Stellenbosch het hom gebrei vir die rol waarin hy hom sedert Januarie 2021 bevind. Nie net kon Cadle met sy oë steel by wingerdboere waar hy tegniese dienste gelewer het nie, hy het ook

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related