Landbouweekblad

Skepties oor herlewingslandbou? Ek was ook . . .

Een aand, min of meer rondom middernag terwyl ek besig was om tamaties te eet in ’n groentetuin tussen Prieska en Niekerkshoop, het ek besef ons gaan anders moet begin dink oor boerdery. Terwyl mnr. Bertie Coetzee opgewonde agter die lig van sy kopflits aangeskarrel en hande vol van die ryp vruggies gepluk en aangegee het, het hy verduidelik hoe hy en sy vrou, Alette, allerhande nuwe boerderymetodes in hierdie groentetuin op Lowerland beproef.

Coetzee het gepraat van geenbewerking en bedekking en dekgewasse en maniere om die grond gesonder te kry. Daar was verduidelikings oor stikstof en koolstof en organiese inhoud. Hy het vinnig gepraat, asof hy net tot sonsopkoms gehad het om te boer.

Tussendeur het ons rooi, oranje en geel tamaties verorber wat soos vroegoggend, reën en die Oranjerivier, wat teen Lower-land verbyloop, gesmaak het.

“Ek klink seker vir party mense soos ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad1 min read
Algehele Uitverkoping Van Kyksim Simmentalers
Uitstekende beeste en teelmateriaal is op die algehele uitverkopingsveiling van Kyksim Simmentalers van Berrie Botha aangebied. Die veiling is op 13 April in die Outeniqua-veilingskompleks in George. Altesaam 115 diere is aangebied. Die hoogste prys
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related