Weg!

Laat waai met 'n braai!

Geroosterdepeerslaai met brie

Vir 6 (as bykos)Voorbereityd 20 minuteGaarmaaktyd 10 minute

Jy benodig

4 klein pere, ryp maar steeds ferm
3 eetlepels goeie olyfolie
1 eetlepel heuning
5 ml mosterd (korrel of Dijon)
2 eetlepels rooiwynasyn
sout en swartpeper
60 g roketblare (of bros Baby Gem-slaaikoppe in kwarte gesny)
100 g gemengde neute, gerooster en grofgekap
1 wieletjie brie, in skyfies gesny

Só maak jy

1 Sny die pere in 5 mm dik skywe. Ek behou die klokhuise, maar jy kan dit uitskep as jy verkies. Rooster die skywe in ’n riffelpan tot daar alkant mooi skroeimerkies is. Werk in sarsies tot al die skyfies gebraai is.

Klits die olyfolie, heuning, mosterd en asyn saam en geur na smaak met sout en peper. Rangskik die slaaiblare, warm peerskyfies, neute en kaas op ’n mooi bord

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related