Deon het sy Suzuki Jimny ’n ruk gelede verkoop en sleep nou sy selfgeboude klein woonwa met ’n stalmaat van die Jimny, die Ignis. Hy was op soek na ’n ekonomiese voertuig waarmee hy wettig kan sleep, maar wat nie ’n plaas se geld kos nie. Hy sê hy was nogal skepties oor die Ignis se 1,2 ℓ-enjin en het gewonder of hy ewe bekwaam sou wees as die Jimny. ’n Naweekbesoek aan die Addo-olifantpark van St. Francisbaai af was egter genoeg om hom te oortuig die Ignis en die waentjie sou ’n langer reis kon oorleef. Selfs in die wind het die Ignis sy staal gewys – Deon meen hy het die Jimny oortref teen die bulte en by die vulstasie. Hy vertel.
Om die vakansiegangers aan St. Francisbaai oor die feestyd te vermy het