‘LEKKER verjaar, ou maat! Lekker verjaar!” sing Paloeka die leeu en Bibi uit volle bors. Palawa die kameelperd sit met ’n groot glimlag en kyk na die enorme blou verjaardagkoek voor haar. Blou is haar gunstelingkleur in die wêreld.
“Hiep-hiep!” roep Bibi. “Hoera!” skree Paloeka en klap hande.
“Maak ’n wens en blaas jou kersie dood,” sê Bibi.
“Waarvoor sal ek wens?” vra Palawa en vryf haar ken. “Ek wens… ek wens…”
“Stop!” gil Paloeka. “Jy moenie