Lamskenkels met muskadel en knoffel
Druk die sagte, geroosterde knoffelpuree uit die bolle en roer dit by die sous waarin die vleis gaargemaak is voordat julle wegval.
■ 1 kg lamskenkels, in skywe gesaag
■ 4 knoffelhuisies, fyngedruk
■ 30 ml olyfolie
■ 2 heel knoffelbolle, middeldeur gesny
■ ’n Hand vol vars tiemie
■ 375 ml witwyn
■ 375 ml muskadel of soet sjerrie
■ 45 ml botter, in klein stukkies gesny
Voorverhit die oond tot 160 °C. Vryf die skenkelskywe goed in met die fyngedrukte knoffel. Verhit die olyfolie in ’n swaarboomkastrol en braai die