Landbouweekblad

Zaaiberg: In ’n land van baristamelk en heuning

Suiwel

Met melkboerderye wat toenemend onder druk is, moet die oorblywende melkerye hulself differensieer. En met koffiedrink wat eintlik in ’n wetenskap omskep is en “kunswerke” wat op dik, borrelende skuim in koffie geskep en op sosiale media vertoon word, het Christo en Marlene Klingenberg van die plaas Zaaiplaats by Mkhondo ’n aar raakgeboor met die voorsiening van vars melk en room aan ’n maatskappy. Die melk pronk uiteindelik in gesogte drankies van spesialiskoffiewinkels in Gauteng.

Volgens die Amerikaanse spesialis-koffietoerustingmaatskappy Urnex “is daar bitter min kulinêre duo’s wat meer dinamies is as koffie en melk. Melk is dikwels ’n afgeskeepte aspek van die skep van ’n heerlike koffiebrousel. Maar vir lattes, cappuccino’s en ’n reeks ander melkagtige koffiedrankies is melk dikwels meer as die helfte van die drankie. Waar melk vandaan kom en die chemiese inhoud, geur en tekstuur daarvan is alles belangrik vir die gehalte van ’n koffiedrankie.”

Volgens die Klingenbergs is hul Jerseys se melk vinnig en maklik skuimbaar, net soos die koffiewinkels se baristas dit vereis. “En nee, nie sommer enige vars melk het hierdie eienskap nie.”

Zaaiplaats se melkkudde is al in die 1950’s gevestig toe wyle Christian Klingenberg grotendeels met skape, vleisbeeste en ’n bietjie gesaaides geboer het. Daar was ook die bekende Zaaiplaats Afrikanerstoetery. Hulle het die stoetery in 1994 verkoop en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related