Huisgenoot

ALTYD DIE FLIKKERING VAN HOOP

ALLES was rustig op die beesplaas in die Dealesville-distrik daardie Sondagoggend van 3 September. Toe, om en by 12:30, lui die foon en alles verander.

Steyn Lombard se brein kon nie verwerk wat hy hoor nie. Nee, nee, dit kan nie wees nie, is al wat die geskokte Vrystater kon dink.

Want net gister het hy nog lekker oor die foon gesels met sy swanger dogter, Marioné van Deventer (25), wat in die Reitz-distrik woon.

“Sussie, hoe gaan dit?” het hy haar gevra.

“Goed, Pappa,” het sy geantwoord. “Met my en die baba gaan dit sommer baie goed!”

Nou vertel die stem in die gehoorstuk hom dat sy dogter en sy ongebore kleinkind in ’n verskriklike motorongeluk was …

Hy gryp die voertuigsleutels en roep sy vrou, Mariëtte,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related