SARIE

e-pos UIT Victoria, Kanada

KUBERKUIER

Hoekom Kanada?

Ek en my man, Errol, is in Junie 1999 na Kanada, ’n pasgetroude jong paartjie wat saam op soek was na ’n avontuur voordat ons vasgevang word deur “die lewe”. Dit was egter meer as net ’n reisgogga, ons wou ook die werkslewe in die buiteland ervaar. Ons het lande soos Australië, Nieu-Seeland, Engeland en die VSA oorweeg en uiteindelik op Kanada besluit. Ná 25 jaar hier herinner ons onsself nog gereeld hoe bevoorreg ons is om in so ’n pragtige land te woon, omring deur verwelkomende mense. Ons was albei ingenieurs in die petroleum- en mynwesebedryf, nou doen Errol produkbemarking en ek werk met strategiese kapitaalprojekte.

Waarvoor is Kanada bekend?

Politieke en ekonomiese stabiliteit, ’n skoon en veilige omgewing en oor die algemeen ’n hoë lewenstandaard vir almal. Onderwys is uitstekend en ons het albei die Kanadese universiteitslewe ervaar toe ons ekstra kursusse geloop het. Die openbare gesondheidstelsel word wêreldwyd as een van die bestes beskou – en dis heerlik om Afrikaans te praat met dokters en tandartse!

Kanadese is ook trots op hul inklusiwiteit.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE1 min read
Sarie
REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 082 934 5226 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 072 041 3393 KOSREDAKTEUR Herman Lensing SKRYWER EN ASSISTENT MODE EN KOS
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma

Related