Jare lank al beweer ek mos my “plaasgesig” is ‘n magneet vir almal se probleme. Uit ‘n gebou vol mense sal iemand wat iets nodig het altyd na my toe aangestap kom en vra.
Só ook was al die plekke waar ek al gebly het, in ‘n stadium “halfway houses” – herstelplekke – vir mense in nood.
Ek is geen engel nie. En ek haat mense wat met die kamera wys wat hulle vir ander doen. Maar ek bid deesdae baie meer as gewoonlik, want die behoefte raak ál groter, en die