Weg! Platteland

Dis my familie daardie!

In die Lente 2023-uitgawe by die Koringberg-artikel verskyn ’n storie oor Herrie se munt (bl. 56).

Ek het nie ’n idee waar julle van dié inligting gekry het nie, maar baie daarvan is verkeerd. Omdat die mense oor wie julle skryf, my voorouers was, wil ek graag die foute uitwys. (Ek verklaar ook met die intrapslag ek het niks van Herrie se munt geweet nie – dis die eerste keer dat ek daarvan hoor.)

Eerstens, Pieter (Havgard) van Meerhof was nooit Jan van Riebeeck se skeepsdokter nie. Van Riebeeck het op 6 April 1652 voet aan wal gesit; Van Meerhof het eers op 22 Maart 1659 op die Princess Roijael in die Kaap aangekom.

Tweedens was hy nooit ’n dokter nie en– oftewel barbiersdokter () – iets gans anders! Min is bekend oor sy lewe voor hy in die Kaap aangekom het, maar dis opgeteken dat hy van Kopenhagen was en waarskynlik ook daar gebore is. Dit is onbekend of hy ’n vakleerlingskap as “chirurgijn” voltooi het of tydens ’n oorlog praktiese ondervinding opgedoen het. Skeepsdokters het hoofsaaklik wonde en sere behandel, gebreekte bene gespalk, vinte en swere oopgesteek, en mense laat bloei om van “bose geeste”ontslae te raak (vandaar ook die tradisionele rooien-wit barbierspale, wat verbande en bloed verteenwoordig).

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g
Weg: Platteland9 min read
Vrugbare Vallei Van Die Son
As ’n mens op die R536 tussen Sabie en Hazyview ry, is dit opvallend hoe die name van plase en besighede byna almal karaktersketse van die omgewing is: Bushbaby Valley Lodge, Mahogany Hill Cottage, Mountain Creek Lodge, Aan De Vliet Resort (dit betek
Weg: Platteland2 min read
Eet, Drink En Wees Vrolik!
Dié watergat teen die R536 is gewild onder die plaaslike mense. ’n Markiestent is vas aan ’n kroeg en kombuis, wat sorg vir ’n ontspanne atmosfeer en goeie, heilsame kos. Die naam “Tanks” verwys nie na die eienaar se naam, soos baie besoekers dalk di

Related