MOENIE wegskram van die taak om jou testament op te stel nie. Dié versuim kan jou geliefdes erg benadeel. Ons kyk na ses mites – en die feite.
1 SONDER ’N TESTAMENT BELAND ALLES IN DIE STAAT SE KOFFERS
Die staat word nie outomaties die begunstigde nie. As jy sonder ’n testament doodgaan, bepaal die Wet op Intestate Erfopvolging die erfgename van jou boedel. As geen familielede of bloedverwante na vore kom nie, word die boedel in die Voogdyfonds van die Meester