Baba & Kleuter

OORKRUIS, KLEIN MUIS!

Middellynkruising – of soos sommige terapeute kortweg sê ”midlynkruising” – is ’n term wat jy nog baie op jou kleinding se grootwordpad gaan hoor by sy juffrou, sportafrigter, terapeut en selfs by speelgoedbemarkers. Maar wat beteken hierdie gonswoord en hoe raak dit jou kind?

Daar is baie wat jy kan doen om seker te maak jou baba en peuter bereik hul middellynkruising-mylpale. Dis een van die belangrike boublokkies van vaardighede wat jou kind moet baasraak om gereed vir die grootskool te wees.

WAT IS MIDDELLYNKRUISING?

Die menslike liggaam word in ’n linker- en regterkant verdeel deur ’n denkbeeldige middellyn wat strek van jou kroontjie, deur jou neus tot tussen jou voete, verduidelik Amy Rode, ’n arbeidsterapeut van Stellenbosch. ”Middellynkruising is die oorsteek van hierdie denkbeeldige lyn.” Amy beklemtoon dat middellynkruising slegs plaasvind wanneer rotasie van die skouergordel oor die heupgordel plaasvind en nie soos baie mense dink as jy jou arm effens oorsteek na die ander kant toe nie.

Elrie Maree, ’n arbeidsterapeut van Port Elizabeth, sê middellynkruising is ook die vermoë om die oog, hand of voet aan die een kant van die liggaam in die ruimte van die ander oog, hand en voet te gebruik. Maar ons lyf bestaan eintlik uit drie verskillende middellyne wat alles belangrik is vir baba se ontwikkeling, sê sy: die sagitale, transverse en frontale middellyn.

DIE BELANGRIKE BASIS

Middellynkruising is met rede ’n gonswoord: Dis geweldig belangrik vir jou kleinding. Dit bewerkstellig en beïnvloed meer as een

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter4 min read
Werk Met Geld
Baie mense se finansiële krisis kon voorkom gewees het, as ’n paar eenvoudige lessies oor geld nagekom is ... Daar is nie ’n onuitputbare bron van geld nie; as jy geld leen moet jy dit terugbetaal, as jy iets nie kan bekostig nie behoort jy dit nie t
Baba & Kleuter1 min read
Mooie Afrika!
KOOP NOU Unicorn Moonmuurkuns vanaf R130, Moonchildsa.co.za KOOP NOU Whimsical Crescent Moonmuurkuns vanaf R130, Moonchildsa.co.za KOOP NOU KOOP NOU Kubus-rak vanaf R2 249, Moonchildsa.co.za KOOP NOU KOOP NOU KOOP NOU KOOP NOU KOOP NO
Baba & Kleuter1 min read
As ’n Soentjie Nie Genoeg Is Nie
Nuwe ouers se leerkurwe is enorm! My kinders is byna oud genoeg om die nessie te verlaat, maar die kurwe plat nog steeds nie af nie. Ek sal seker maar altyd oor hulle gesondheid en veiligheid bekommerd wees, veral noudat hulle begin bestuur het. Dit

Related