Die eerste paar jaar van haar getroude lewe was soos ‘n droom. Maar toe begin dinge lol.
Teen die einde van jaar twee, toe sy swanger raak, het Mariaan* (45) se man haar gevra om haar werk te los sodat sy op die huishouding kon fokus. Sy het beskermd gevoel en was dankbaar sy kon dit doen. Maar toe ontaard dit in ‘n nagmerrie…
Hy het die huis se geldsake bestuur en sy het nie ‘n sent op haar naam gehad nie. Elke keer as sy iets eenvoudigs nodig gehad het soos sanitêre produkte, of net haarself met iets kleins soos ‘n mooi lipstick wou bederf, moes sy bakhand voor hom staan.