Ligte, kamera, Reyka!
Sy sal haar eerste dag op die stel van Reyka in 2020 nooit vergeet nie. “Dit was November. Ek het baie vroeg daar aangekom. Vyfuur. Die trailers se ligte was aan. Dit het gelyk soos Hollywood. Ek was baie opgewonde, want dit was my heel eerste keer op ’n televisiestel.”
“Al die liggies het die oomblik ekstraspesiaal gemaak en my soos ’n VIP