Huisgenoot

KOPSTUKKE MET DIE STERRE

‘DIE HELE WÊRELD KYK NA HIERDIE MENSE EN LAAT VOEL HULLE MEER BELANGRIK AS WAT HULLE EINTLIK IS’

HY IS ’n psigiater wat oor die afgelope drie dekades ’n baie spesiale nis vir homself uitgekerf het. “Kopdokter vir die sterre,” sê Phil Stutz speels trots terwyl hy met sy vingers aanhalingstekens in die lug maak.

Phil (76) woon naby Beverly Hills en ontvang kliënte in sy woonstel met ’n uitsig op die helderblou tennisbane en blinkende, besproeide skoonvelde van ’n uitgestrekte buiteklub. Die vier mure van sy studeerkamer propvol boeke weet van die vrese, mislukkings en neuroses van ’n verskeidenheid akteurs, regisseurs, vervaardigers, skrywers, agente, makelaars en ateljeehoofde.

Sy kliëntelys is ’n goed bewaarde geheim. Maar dit sluit in die aktrise en gesondheidsghoeroe Gwyneth Paltrow, wat al in haar Goop-podsending met Phil ’n onderhoud gevoer het, asook die akteur Jonah Hill. Jonah het die regie behartig van Stutz, ’n Netflix-dokumentêr oor sy terapeut. Die akteurs Joaquin Phoenix en Rooney Mara is die vervaardigers daarvan.

Soveel van sy kliënte het Oscars gewen dat hy ’n paar jaar gelede met iets vorendag gekom het wat hy die “Stutz-96-uur-Academy Awards-beginsel” noem.

Daarvolgens sal Oscarwenners se euforie binne sowat vier dae vervaag, waarna al jou gewone kwellings en angs sal terugkeer en jy terug sal wees waar jy begin het.

“Die groot droom van die Westerse wêreld is om te weet wat in die kop van ’n ster aangaan,” sê hy in ’n stadium.

En as jy wil

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related