SARIE

Hokaai DIS DALK HARSINGSKUDDING

Toe die Springbok-skrumskakel Grant Williams net meer as ’n maand voor die Wêreldbeker-rugbytoernooi van die veld af gedra is ná ’n kopbesering, het rugby-aanhangers senuweeagtig gewonder of hy betyds sal herstel om in Frankryk te kan deelneem. Hy was immers uit soos ’n kers skaars tien sekondes ná die aanvang van ’n wedstryd teen Argentinië en sou minstens twee weke lank moes rus.

Gelukkig was hy betyds weer op die been om deel te kon wees van die span wat uiteindelik die Webb Ellis-trofee huis toe sou bring.

Maar dit het ’n mens net weer herinner hoe gevaarlik ’n kopbesering kan wees. Dis ook ’n gereelde gesig: Harsingskudding is jaar ná jaar die mees algemene diagnose ná ’n besering op die rugbyveld, aldus SA Rugby se jaarlikse beseringsverslae.

Die oud-Bok se loopbaan is trouens in 2019 voortydig beëindig weens harsingskudding. Twee neuroloë het hom afgeraai om aan enige verdere kontaksport deel te neem omdat hy verskeie kere harsingskudding opgedoen het en die simptome elke keer langer aangehou het. In 2017 moes hy ses maande

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer
SARIE1 min read
Sarie
REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 082 934 5226 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 072 041 3393 KOSREDAKTEUR Herman Lensing SKRYWER EN ASSISTENT MODE EN KOS
SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■

Related