REUBEN en Peggy se werk is nie hoogs geheim in die sin wat spioene se werk hoogs geheim is nie. Hulle het byvoorbeeld nie vuurwapens nie – en hulle het selfs LinkedIn-profiele wat jou hulle posbenamings gee.
Maar dís waar dinge vreemd raak. Soek jy die naam van die maatskappy waarvoor hulle werk – ’n naam wat ek ingestem het om nie te publiseer nie – sal jy min inligting daaroor kry. Jy kan deur elke blad op hulle maatskappy se webtuiste blaai en wegstap sonder om te weet die onderneming skep die mees geliefde skyfiegeure ter wêreld.
“Reuben” en “Peggy” is skuilname. Reuben is ’n ontwikkelingsbestuurder en Peggy ’n bemarker. Hulle werk vir ’n “seasoning house”, ’n maatskappy wat geursels vir skyfies vervaardig. Hulle is die oorspronklike “smaakmakers”.
Ek ontmoet die twee op Zoom, met die hoop dat hulle ’n vraag kan beantwoord wat al jare aan my knaag. Op ’n besoek aan Thailand in Januarie 2019 het ek op ’n pienk pakkie Lay’s afgekom.
Voorop was ’n prent van baie lae pasta, tamatiesous en kaas. “Lasagne” het op die pakkie gestaan. Jy kry nie lasagne-Lay’s in Italië nie. Italianers het eintlik ’n klein keuse van Lay’s – paprika, spek, bief, sout en die ambisieuse “Ricetta Campagnola”.
Hoekom kan jy lasagnegeur-Lay’s in Thailand koop, maar nie in Italië nie? Wie besluit watter land watter geure kry? In Hongarye het ek Hawaiise poké-bowltjips en in Finland ’n soort met ’n sjokoladegeur gekry. Ek het die Sweet Mayo Cheese Pringles in Suid-Korea liewer op die rak laat staan.
Walkers het in 1948 in Brittanje begin tjips maak – wat daar “” genoem word. Die Amerikaanse (waar dit “” genoem word) Frito-Lay het Walkers in 1989 gekoop. Vandag is Lay’s in