Huisgenoot

SPEEL-SPEEL ROL DIE DOLLARS IN

HIERT, wat maak Darth Vader in die bad? En daai Stormtrooper by die drein?

Dis net speel-speel, soos generasies kinders maak.

En dis wanneer Robert Whitehead na sy Lego-mannetjies kyk dat dinge op nuwe maniere kliek, want dis ook deur sy kameralens dat speelgoed lewe kry.

Hy is 43 jaar oud, maar ’n mens is mos nooit te oud vir verbeeldingsreise nie. En Robert is nie net ’n regisseur, redigeerder en multimediaspesialis nie; hy’s ook ’n beroepspeelgoedfotograaf.

Die helde in sy tonele? Die klompie van Star Wars, natuurlik, maar ook ander Lego-mannetjies, superhelde, aksiefigure en die karakters uit speletjies soos Roblox en Minecraft. Daar’s ook karretjies, diere, dinosourusse en ruimtewesens.

Hy gebruik spesiale beligting en ander truuks, en enige plek – van sy ateljee tot die agterplaas of strand – kan die stel vir een van sy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related