DIS tjoepstil op die werf. Dan kom die twee skaaphonde aangedraf plaashek toe. Leah en Tessa was lank die middelpunt van die Pool-egpaar se aandag; selfs ringdraers op hul troue. Maar nou is klein Anjo hier.
Van Boer soek ’n vrou op kykNET tot “Boer vind een” op hul bruilof in Mei 2021. En nou is dit “Boer kry ’n baba” met die geboorte van Willem en Sanel Pool se eersteling net meer as ’n maand gelede.
Alles het verander, sê boer Willem (34) laggend. Almal op die plaas weet daar is ’n nuwe asempie in die