Huisgenoot

Smulkos vir SKOOL

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

SJOKOLADE-&-DADEL-FUDGE

LEWER 24-26 KLEIN BLOKKIES / BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 5 MIN. / STAAN: 30 MIN. VERKOEL: 3-4 UUR OF OORNAG

◗ 250 g dadels, grofgekap
◗ 30 ml (2 e) botter of margarien
◗ 100 g donkersjokolade, grofgekap
◗ 15 ml (1 e) heuning
◗ 15 ml (1 e) grondboontjiebotter, tahini of klapperolie
◗ 15 ml (1 e) kakao
◗ 5 ml (1 t) vanieljegeursel
◗ ’n knippie seesout

AFRONDING

◗ kakao (opsioneel)

Voer ’n vierkantige 20 cm-bak met bakpapier of foelie uit, en bespuit goed met kossproei.

Sit die dadels in ’n bakkie en bedek met kookwater. Laat staan 30 min. Sit die botter of margarien en die sjokolade in ’n kastrol en verhit oor lae hitte. Roer aanhoudend tot die sjokolade gesmelt is. Voeg die heuning en grondboontjiebotter, tahini of klapperolie by. Meng goed en verwyder van die hitte. Dreineer die dadels en plaas dit in ’n voedselverwerkerbak. Pols rofweg. Voeg by die sjokolademengsel. Voeg die kakao, vanielje en sout by, en klits deeglik. Skep die mengsel in die bereide bak. Smeer die mengsel eweredig, maak glad bo-op en laat 3-4 uur of oornag in die yskas stol. Keer die fudge versigtig uit, sif die kakao oor indien gebruik, en sny met ’n skerp mes in klein blokkies. Bêre tot 2 weke lank in ’n lugdigte houer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related