Huisgenoot

GOOI MIELIES!

MIELIE-EN-TUNABAKKIES

Maak ’n baksel van dié mieliebakkies en bêre dit in die yskas vir wanneer die kinders rasend honger by die huis aankom.

LEWER 6-8 BAKKIES

BEREIDING: 30 MIN.

GAARMAAK: 35-40 MIN.

VULSEL

◗ 30 ml (2 e) olyfolie
◗ 1 ui, gekap
◗ 2 knoffelhuisies, fyngekap
◗ 2 wortels, in klein blokkies gesny
◗ 45 ml (3 e) meel
◗ 125 ml (½ k) melk
◗ 1 x 410 g-blik geroomde soetmielies
◗ 1 x 170 g-blik tunastukke, gedreineer
◗ 125 ml (½ k) bevrore pitmielies
◗ ’n hand vol pietersielie, gekap (opsioneel)
◗ sout en peper
◗ 2 eiers, geklits

BAKKIES

12 velle filodeeg
100 g botter, gesmelt
125 ml (½ k) gerasperde mozzarellakaas

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 6-8 holtes van ’n groot muffinpan goed met kossproei.

1 Vulsel Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui, knoffel en wortels tot sag en geurig. Sprinkel die meel oor en meng deur.

2 Verlaag die hitte en giet die melk by. Roer aanhoudend en voeg die soetmielies, tuna, pitmielies en pietersielie by. Meng deur en geur met die sout en peper.

Verwyder van die hitte en laat heeltemal afkoel. Klits

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
’n “Bewering” is as jy sonder bewys ’n mening verkondig. So hoor ek. “Beweer” kom van “bewaar” – letterlik iets wat jy wil waar maak. Oftewel “bewaarheid”. En só het bewaar ook begin beteken dat jy iets in stand hou. Jy pas dit mooi op. Dié groepie w
Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Katinka Oosthuizen
Wat is geluk vir jou? Om content te wees. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Die dag toe ek getrou het. Toe ek so by die aisle afstap en my man tjank, toe dink ek: “Mm, nou is ek gelukkig.” Wat verveel jou? As iemand net oor hulself praat. Wa

Related