Huisgenoot

Lig en lekker vir KERSFEES

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

NEKTARIENSLAAI

GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: 5 MIN.

Dis ’n heerlike slaai, perfek vir ’n aandete buite.

SLAAI

◗ 4 middelslagnektariens, gehalveer, die pit verwyder en in kwarte gesny
◗ kookolie-sproei
◗ 390 g mozzarellakaas, in skywe gesny
◗ 100 g dun gesnyde prosciutto
◗ 60 g roketblare

SLAAISOUS

◗ 15 ml (1 e) granaatmelasse
◗ 30 ml (2 e) olyfolie
◗ sout en vars gemaalde swartpeper, na smaak

AFRONDING

◗ 60 ml (¼ k) grofgekapte pistasieneute
◗ 30 ml (2 e) granaatpitte

1 Slaai Verhit ’n riffelpan oor matige hitte. Bespuit die nektariens liggies met die kookolie en braai die vrugte tot liggies geskroei aan albei kante.

2 Rangskik die nektariens, mozzarella, prosciutto en roketblare op ’n groot slaaibord.

3 Slaaisous Plaas die melasse en olyfolie in ’n bottel met ’n skroefdeksel, skud goed en geur met die sout en peper.

4 Afronding Bedruip met die slaaisous, en sprinkel die pistasieneute en granaatpitte oor.

WENK

Jy kan ook geelperskes of spanspek pleks van nektariens gebruik.

TAMATIE-en-DENNEPITSLAAI

GENOEG VIR 8 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 30 MIN.

Gebruik ’n verskeidenheid tamaties wat ryp is vir ’n mooi helder somerslaai.

TAMATIES

◗ 1 kg gemengde tamaties

BASILIE-EN-DENNE-PITSLAAISOUS

◗ 125 ml (½ k) stewig gepakte vars basilieblare◗ 60 ml (¼ k) dennepitte, gerooster◗ 1 knoffelhuisie, in kwarte gesny◗ 80 ml (⅓ k) olyfolie◗ 7,5 ml (1½ t) rooiwynasyn

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related